Kobus Muller steel harte in Europa!

Dagblad Beeld berig: Van ’n Superster in Suid-Afrika tot superster in Duitsland en binnekort ook Nederland en Engeland.  Dit is die sprokiesverhaal van Kobus Muller (27) van Springs, wat feitlik oornag van net nóg ’n plaaslike sanger ontpop het in ’n internasionale sanger wat reeds ’n treffer in Duitsland het.  Hy het die reeks Supersterre op SABC2 in 2007 gewen.  Muller kon gister steeds nie glo hoe sy hele lewe handomkeer verander het sedert einde Februarie nie.  “Einde Februarie het ek ’n e-pos ontvang van die oorsese maatskappy Toi Toi Toi Records wat van my liedjies op YouTube gesien het.  Hulle wou ’n akoestiese liedjie van my hoor.  Ek het sommer op my selfoon ’n liedjie opgeneem waarin ek myself op ’n kitaar begelei en vir hulle gestuur.  Daarna het dinge baie vinnig gebeur.  Hulle het my gevra om dringend Duitsland toe te kom.  Ek het inderhaas soontoe vertrek en is by my aankoms ’n kontrak aangebied.  Ek is sommer dadelik na ’n ateljee geneem waar ek verskeie liedjies opgeneem het, onder meer van skrywers wat liedjies vir internasionale sterre soos Modern Talking en Michael Bolton geskryf het.  Die ateljee waar ek opgeneem is, word deur verskeie internasionale sangers gebruik.  My eerste internasionale kortspeler, Turn Up Your Radio, is in Duitsland uitgereik.  Ek gaan binne die volgende paar maande weer na Duitsland om volledige CD’s op te neem in Duits, Engels en Nederlands.  “Afrikaans sal altyd my eerste liefde bly, maar dit is interessant om in ander tale te kan opneem.  Ek sien verskriklik daarna uit om Suid-Afrika internasionaal te verteenwoordig,” het Muller gesê.  Intussen leer hy kliphard hoe om Duits en Nederlands reg uit te spreek.

Ons het Kobus gevra om ons op hoogte te hou van oorsese optredes!

Update 2017: Kobus Muller se nuwe CD – “Summer’s Leaving” uitgereik deur Nextereo Records is tans beskikbaar op alle Download portals asook www.kobusmuller.co.za en www.nextereorecords.com

[Berig en foto: Beeld]

 

 


KOBUS MULLER
(W) www.KobusMuller.co.za
(E) info@kobusmuller.co.za
(F) www.facebook.com/kobusmullerfanpage


 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *