PERSVERKLARING: Kobus Muller – Lichterloh (November 2018)


Is jy gereed vir die nuwe Kobus Muller treffer?

Die Suid-Afrikaanse gebore internasionale sanger – Kobus Muller, is terug met nog ‘n splinternuwe vuurwarm Duits getitelde album – Lichterloh. Kobus Muller is die voormalige wenner van die gewilde Suid-Afrikaanse TV-sangkompetisie – ‘Supersterre’, en is tans geteken by Nextereo Records.

 

“Lichterloh”, wat in Afrikaans beteken: In Vlamme, weerspieël die suiwer en uniek getoonde kant van Kobus Muller se stem uit. Sy veelsydigheid, nederigheid en goeie voorkoms het hom verskeie toekennings en wêreld wye bekendheid verwerf. Met verskeie Top 10 en nr 1 treffers op TV en radiostasies wêreldwyd, gryp Kobus Muller weereens die harte van sy ondersteuners vas met hierdie nuwe album. Kobus het ook toekennings van Sony Music vir record album verkope ontvang.

‘Petrol En Vuur’, die oorspronklike Afrikaanse weergawe van Lichterloh, was vroeër vanjaar beskikbaar vir vrystelling, maar Kobus het sy hart daarop gesit om hierdie liedjie ook in Duits en in die styl van Pop-Schlager op te neem. Toe hy gevra is waarom Schlager, was Kobus Muller se antwoord: “Ek het nog altyd Schlager geniet. Selfs wanneer ek terug keer na Suid-Afrika vanaf my optredes oorsee, sal ek meestal na Schlager luister. Daar is net iets in Schlager liedjies wat ek nie kan beskryf nie. Schlager musiek het die vermoë om skares saam te bring. Ich finde Schlager tol!”. Nextereo Records en sy bestuur het ooreengekom en Nextereo Publishing, die musiek uitgewer van Nextereo Records, het Max Zumstein genader. Zumstein is tans een van Nextereo Publishing se gesogde Duise liedjieskrywers. “Ek is baie gelukkig dat Nextereo Publishing my ‘n geleentheid gebied het om Kobus Muller persoonlik te kon ontmoet, voordat ek die Duitse lirieke van Petrol En Vuur geskryf het. Dit het my baie gehelp om die gevoel van die liedjie en die persoonlikheid van kunstenaar te verstaan. Lichterloh is Kobus Muller se liefdesverklaring aan Duitse Schlager musiek en weerspieël sy verbintenis met die skoonheid van sy tuisland, Suid-Afrika.”

 

Stephan Jung, van die InoventiQ Groep in Duitsland, het gesê: “Ek is baie opgewonde oor die album en die liedjie Lichterloh. Dit het al die regte elemente om die volgende Duitse Schlager super-treffer te word! Ek is baie trots op Kobus Muller en sy vermoë om so vinnig Duits te kon aanleer. Jy kan nie hierdie lied uit jou kop kry sodra jy dit gehoor het nie.”

 

Lichterloh volg op die sukses van sy voormalige vrygestelde Duitse liedjie – Hey Du, wat deur Peter Sebastian vervaardig is. Petrol En Vuur is ook deur verskeie Suid-Afrikaanse media bestempel as die opvolg van sy vorige Afrikaanse treffer – Hey June, wat die afrikaanse weergawe van Hey Du is. Kobus Muller het ook ‘n “2IN1 Mix” wat ‘n kombinasie van Duits en Afrikaans is, vervaardig. Hierdie album is geskeduleer vir internasionale vrystelling hierdie week Donderdag op 29 November 2018. Lichterloh sal beskikbaar wees op alle digitale musiek platforms wêreldwyd.

Nextereo Records het bevestig dat verskeie groot projekte in 2019 vir Kobus beplan word. Sommige daarvan is ‘n volledige Duitse album, ‘n volledige Afrikaanse album en produksies met ‘n wêreldbekroonde Grammy wenner. Kobus is tans met sy Wêreld toer besig wat hom na verskeie lande op 4 vastelande sal neem waar hy sy nuwe liedjies asook bekende gunstelinge aan sy talle bewonderaars sal bring. Sommige van die hoogtepunte is Brasilië, Bangkok, Uruguay, Argentinië, Chili, Antarktika, Duitsland, Mauritius, Die eiland Reunion, Die Seychelle, Madagaskar, Oman, Die Maldive, Sri Lanka, Singapoer, Maleisië, Vietnam, Kambodja, Thailand en Dubai.

 

 

Liedjie Krediete

  1. Titel – Lichterloh
    Komponiste
    – Kobus Muller, Max Zumstein
    Uitgewers – Nextereo Publishing, Sony ATV
    ISRC – ZA2PK1800004
    Tydsduur– 03:55
    Kopiereg – (P) 2018 Nextereo Records

    .

  2. TitelPetrol En Vuur
    Komponiste
    – Kobus Muller, Max Zumstein
    Uitgewers – Nextereo Publishing, Sony ATV
    ISRC – ZA2PK1800003
    Tydsduur– 03:55
    Kopiereg – (P) 2018 Nextereo Records

    .

  3. Titel – Lichterloh / Petrol En Vuur (2IN1 Mix)
    Komponiste– Kobus Muller, Max Zumstein
    Uitgewers– Nextereo Publishing, Sony ATV
    ISRC – ZA2PK1800005
    Tydsduur– 03:55
    Kopiereg– (P) 2018 Nextereo Records

 

_________________________________________________________
ALBUM NAVRAE
info@nextereorecords.com
KOBUS MULLER BESPREKINGS
info@kobusmuller.co.za
_________________________________________________________

KOBUS MULLER
(W) www.KobusMuller.co.za
(E) info@kobusmuller.co.za
(F) www.facebook.com/kobusmullerfanpage



_______________________________________________________________________

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *