Kobus Muller steel harte in Europa!

Dagblad Beeld berig: Van ’n Superster in Suid-Afrika tot superster in Duitsland en binnekort ook Nederland en Engeland.  Dit is die sprokiesverhaal van Kobus Muller (27) van Springs, wat feitlik oornag van net nóg ’n plaaslike sanger ontpop het in ’n internasionale sanger wat reeds ’n treffer in Duitsland het.  Hy het die reeks Supersterre op SABC2 in 2007 gewen.  Muller kon gister steeds nie glo hoe sy hele lewe handomkeer verander het sedert einde Februarie nie.  “Einde Februarie het ek ’n e-pos ontvang van die oorsese maatskappy Toi Toi Toi Records wat van my liedjies op YouTube gesien het.  Hulle wou ’n akoestiese liedjie van my hoor.  Ek het sommer op my selfoon ’n liedjie opgeneem waarin ek myself op ’n kitaar begelei en vir hulle gestuur.  Daarna het dinge baie vinnig gebeur.  Hulle het my gevra om dringend Duitsland toe te kom.  Ek het inderhaas soontoe vertrek en is by my aankoms ’n kontrak aangebied.  Ek is sommer dadelik na ’n ateljee geneem waar ek verskeie Continue reading “Kobus Muller steel harte in Europa!”